Nog ´n storie uit Swaziland is dat Koning Mswati III se mees senior vrou, Koningin Sibonelo Mngomezulu, onlangs by die Matsapa-lughawe voorgekeer is en ondervra is in verband met die beweerde vergiftiging van die koning. Sy het intussen dit reggekry om die land te verlaat met haar kinders en bevind haar tans in Londen.
Mswati is ´n paar weke gelede in die openbaar gesien. Hy is glo ernstig siek, maar sy dokters se monde is gesnoer oor die oorsake.
