Dit word net soos enige ander pil saam met voedsel en water geneem, maar hierdie intelligente pil, die iPill, kan jou diagnoseer.
Nadat jy die pil ingesluk het doen dit ‘n interne diagnose en sein die resultate aan jou dokter. Die dokter kan dan die pil opdrag gee om ‘n dosis op ‘n sekere plek toe te dien. Hierdie metode kan byvoorbeeld verskeie newe-effekte van sekere medikasie aansienlik verminder.

Die iPill is deur Phillips ontwikkel.
