Oor bytjies en blommetjies

Koos se vrou het gevoel dit is tyd dat hy met hulle tienerseun praat oor die bytjies en blommetjies.

Koos het gevoel dis onnodig, maar hy het na sy seun se kamer gegaan, die deur gesluit en ernstig met die klong gepraat.
“Ou seun, ek wil ernstig met jou praat.”
“Ja pa?”

“Jy onthou nog wat ek en tannie Sarie van langsaan gedoen het in die garage toe jy verlede week daar instap?”

“Ja pa.”

“Wel, die bytjies en blommetjies doen dit ook.”

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply