Rina Hugo en haar jarelange vriend, Manuel Escorcio sing al van die tagtigerjare saam. Voeg die nuwe sensasie op die musiekfront, Romanz daarby en jy kry ’n produksie uit die boonste rakke.
Rina het as solis feitlik alle genres beoefen: van opera, oratorium, die kunslied, musiekblyspele tot ligte musiek. Met sy pragtige fluweelstem is Manuel soos goeie rooi wyn. Hy het tot datum naby 4 600 shows gedoen en 47 CD’s opgeneem. Rina en Manuel se duet CD In Harmonie het alle verwagtinge oortref. Dit het goue status bereik, het maande lank op die Top Tien van DKNT geboer en was die 8ste beste Afrikaanse verkoper in S.A. in 2008.
Die vokale gehaltekwartet, Romanz, se Adam Barnard, Louis Loock, Burgerd Botha en André Venter gaan ekstra fleur aan hierdie produksie gee. Hierdie is ’n musiekervaring deur 6 van ons top sangers wat jy nie mag misloop nie.
innibos 2009
Rina Hugo, Manuel Escorcio en Romanz – In Harmonie
Gradering: Gesin
Datum en tyd: Vr 3 Jul 10:00, Sa 4 Jul 17:00
Venue: Bergland Laerskool
Tydsduur: 70 minute
Prys: R87