Die voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV), Corlietha Swart, het pas die uitslae van die jaarlikse nasionale skryfwedstryd, Skrywers 2009, bekend gemaak. Die wedstryd is met steun van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) geadministreer en die reklameborg was Passi Glanstydskrif. Deelnemers kon opstelle, sketse, kortverhale, kortkortverhale en gedigte oor voorgeskrewe onderwerpe indien.
Al die bekroonde inskrywings sal in Inkvars 2009 gebundel word en in Passi-glanstydskrif gepubliseer word. Inkvars 2009 sal op 15 Augustus 2009 uitgereik word wanneer die pryse op die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers by die Noorderbloem-aftree-oord in Bloemfontein oorhandig word. Buiten vir die prysgeld en trofeë, sal wenners die slypskool, as deel van hul prys, gratis bywoon. Die bekende skrywer en slypskoolaanbieder, prof. Hans du Plessis, sal die slypskool lei.
Inkvars 2009 kan teen R65 per eksemplaar (plus R5 vir posgeld) by Die Ondervoorsitter (Cecilia van der Linde), (tel. 051-4440115 n.u.), Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, Posbus 28155, Danhof, 9310, of by bloemsv@yahoo.com bestel word.
Wenners van “Skrywers 2009” is:
SKOLE-AFDELING (A):
JUNIOR AFDELING (gr. 8 en 9)
1ste (R800) en trofee: Darius Botha, gr. 8, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
2de (R600): Gerné Bothma, gr. 8, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
3de (R400): Madelein Koekemoer, gr. 9, C & N Sek. Meisieskool Oranje, Bloemfontein.
Eervol vermeld: Dané Erasmus, gr. 8, Hoërskool Linden
Aanmoedigingsprys (vir niemoedertaalspreker): Geen toekenning.
SENIOR AFDELING (gr. 10 – 12)
1ste (R1 000) en trofee: Reino Barkema, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
2de (R700): Lize Zeeman, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
3de (R500): Elené Botha, gr. 12, C & N Sek. Meisieskool Oranje, Bloemfontein.
Eervol vermeld: Yaël Malgas, gr. 12, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Aanmoedigingsprys vir nie-Afrikaanssprekende (R250): Ivan Jacobs, gr. 10, (Engelssprekend), Hoërskool Hangklip, Queenstown.
ALGEHELE SKOLEWENNER: Reino Barkema, gr. 11, Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
OPE AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie):
1ste (R1000): Mev. Antoinette Diedericks, Montagu.
2 de (R800): Mev. Gisela Ulyatt, Heuwelsig, Bloemfontein.
3 de (R600): Mev. Elize Zeeman Olivier, ‘sGravenzande, Nederland.
Eervol vermeld: Mnr. Bennie Olivier, Bloemfontein.
OPE AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding):
1ste (R1 000): Mev. Marianne Venter, Hatfield.
2de (R800): Mnr. Rudie van Rensburg, Bellville.
Eervol vermeld: Mnr. Dirk Winterbach, Gordonsbaai.
OPE AFDELING D (Poësie):
1ste (R1 000): Me. Hilda A. Smits, Londen, Groot-Brittanje.
2de (R800): Mev. Lisa Deysel, Pellissier, Bloemfontein.
3de (R500): Me. Francilié Hoek, Bryanston, Johannesburg.
Eervol vermeld: Mev. Ronelle Ceronio, Universitas, Bloemfontein.
Me. Elmarie Viljoen, Langenhovenpark, Bloemfontein.
TROFEË:
HAUM-Literêr-trofee vir skool van wenner in Junior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior Afdeling: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
Vrystaat-wisseltrofee vir skool met meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool D.F. Malan, Bellville.
