‘n Aspersieverkoper in Duitsland is deur ‘n motoris aangerand oor die prys van haar aspersies.
Volgens die polisie het die man glo ontstoke geraak toe die vrou hom die prys van haar wit aspersies meedeel. Hy het haar met die vuis geslaan en gedreig om sy hond op haar los te laat.
Aan die begin van die seisoen vir wit aspersies haal die groente tot 10 Euro’s (ongeveer R115) per kilogram. Daar word algemeen verwys na wit aspersies as “eetbare ivoor” in Duitsland.
