’n Obelisk is ’n vierkantige suil met ’n spits punt. Dit is opgerig as gedenknaald of ter ere van gode. Die mees algemene gebruik in Egipte was daarom op te rig vir gebruik in godsdienstige rituele waarin die son aanbid is.

Die standaard Egiptiese obelisk se lengte was tien maal die deursnee van die basis. Dit is altyd uit een stuk graniet gemaak sodat dit baie solied en sterk is. Gewoonlik is siëniet, ’n rooi graniet, gebruik, maar soms is donkergrys basalt gebruik. Die spits punt is meestal met ’n blink metaal soos silwer of goud oorgetrek. Die weerkaatsing van die punt in die son het die obelisk sigbaar gemaak op ’n lang afstand. Hulle is gewoonlik in pare by die ingang van ’n tempel geplaas.

Die kleinste obelisk wat tot op hede gevind is, is minder as 2 meter hoog. Die hoogste van 38 meter lê onvoltooid naby Aswan in Egipte.

Die beroemdste obeliske is nie meer in Egipte nie, maar in Europese stede. Veral die Romeine het verskeie obeliske na Rome geneem. Meeste van die obeliske in Italië het sedertdien geval.

Die obelisk in die Place de la Concorde in Parys is afkomstig van die Tempel van Karnak in Luxor, dit weeg meer as 250 ton. Dié obelisk se maat staan voor die Tempel van Luxor in Egipte.

Die bekende Washington-monument in Amerika is ’n moderne obelisk en nie ’n Egiptiese obelisk nie. Dit is ontwerp deur Robert Mills en in opgerig ter nagedagtenis van die eerste Amerikaanse president, George Washington. Dit is in 1884 voltooi. Die publiek kan ’n hysbak neem na die bopunt van die obelisk.

Die volgende aanbieding bevat nog inligting oor die Egiptiese obelisk:

Egiptiese obeliske

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply