Rowers in Japan het daarin geslaag om binne 2 uur 1 400 outomatiese tellermasjiene te beroof met vals kredietkaarte met inligting wat van ’n Suid-Afrikaanse bank gesteel is.
Mainichi.jp berig dat amper R200 miljoen onttrek is uit OTM’s in geriefswinkels oraloor Japan. Die roof het die oggend van 15 Mei 2016 plaasgevind en daar word vermoed dat meer as 100 mense betrokke was.
Op die stadium wil dit voorkom of 1 600 kredietkaarte gebruik is. Dit is nog nie bekendgemaak by watter bank die inligting gesteel is nie.