Geweerskote by Malema se huis

Skote is buite Julius Malema se huis in Seshego, Limpopo, afgevuur nadat die ANC aangekondig het dat die omstrede leier van die ANC-jeugliga uit die regerende party geskors is, het die polisie vroeg Donderdagoggend gesê.

Brig. Hangwani Mulaudzi sê die skietery het laat Woensdagaand plaasgevind nadat twee groepe buite Malema se huis mekaar met klippe gegooi het.

Luidens berigte was Malema in Seshego, sy tuisdorp, toe Derek Hanekom, voorsitter van die ANC se nasionale tugkomitee (NTK), laat Woensdagaand aangekondig het dat die omstrede leier uit die ANC geskors is.

Skote klap buite Malema se huis

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar