Liberty Health weier behandeling vir danser

Liberty Health het geweier om te betaal vir ‘n danser se program van 12 weke by ‘n rehabilitasie-hospitaal, het ‘n berig Maandag gesê.

Gayle Beyer, ‘n voormalige danser wat Suid-Afrika twee keer by wêreld-danskampioenskappe verteenwoordig het, kon nie eet, loop of praat nadat sy in Julie verlede jaar ‘n breinbesering in ‘n motorongeluk opgedoen het nie, het The Star Dinsdag berig.

Haar dokters het gesê die terapie kan help met haar spraak en mobiliteit. Volgens ‘n brief wat aan haar familie gestuur is, het Liberty haar opneming by ‘n hospitaal verwerp.

“Geen bewyse is aan die skema ingedien om ‘n afwyking van die standaard behandeling-protokol vir soortgelyke gevalle te regverdig nie,” het die brief gesê.

Danser ontvang glo nie hulp van mediese skema

Lewer kommentaar

Leave a Reply