Kobus het verdwyn … dit lyk soos moord!
Wie in die skaduwêreld van Milnerton se skurke kon dit gedoen het?
Maak plek vir Bal-Oog en Brommel om op die spoor van die skuldige te spring.
Boltjie, Bal-Oog se hond, kry snuf in die neus en skielik bevind die twee speurders hulle in ’n skreeusnaakse en opwindende avontuur.
Om sake verder te kompliseer is Bal-Oog dolverlief op Anja, die vermoorde Kobus se meisie. En wat maak daai geheimsinnige bak daar? Dit alles terwyl Bal-Oog en Brommel net wou vakansie hou en musiek maak.
* Debuut *
Met: Richard September, De Klerk Oelofse en Gertjie Besselsen
Regisseur: Gideon Lombard
Teks: Sjaka Septembir
Ontwerp: Gideon Lombard
Stelontwerp-konsultant: Isabelle Grobler en Swart Streep
Musiek: Gertjie Besselsen
Vervaardiger: Sjaka Septembir
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/12 jaar
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100 – R120 | R110 – R140 by die deur
Plek: Hoërskool Lückhoff, Stellenbosch
Datum: 7 Maart 15:00 | 10 Maart 20:30 | 11 Maart 19:30
Woordfees 2018
Moord in Ixiastraat – die avonture van Bal-oog en Brommel
Moord in Ixiastraat – die avonture van Bal-oog en Brommel
Roekeloos
2.5