Oudpres. Nelson Mandela is vandag in die hospitaal opgeneem, het die presidensie in ‘n verklaring gesê.
“Madiba het ‘n jarelange abdominale kwaal wat spesialisbehandeling vereis,” lui die verklaring.
Dit is nie bekend in watter hospitaal Mandela behandel word nie.
