Bekende Afrikaanse radiopersoonlikheid Niekie van den Berg het ooms en tannies laat regop sit met die aankondiging dat hy die politiek betree onder die vaandel van die DA.
Van den Berg word al sedert 1982 op radio gehoor. Sy geselsprogram Sê wie is een van RSG se gewildste programme. Hy is ook ‘n bekende sportkommentator.
Die omroeper is ewe tuis op TV. Hy was regisseur van die aktualiteitsprogram Verslag, mede-aanbieder van die joernaalprogram Uit en Tuis en beoordelaar van die program Supersterre.
Ander bekende persoonlikhede wat ook die politiek betree het was die akteurs Ronald Reagan en Arnold Schwarzenegger en die Italiaanse pornoster Cicciolina (regte naam Ilona Staller). Dit was juis Cicciolina se verlede wat die Italianers in groot getalle laat opdaag het by haar vergaderings, of dalk was dit haar gewoonte om haar linkerbors op een of ander stadium van haar toespraak uit te haal. Soms het sy sommer van al haar klere ontslae geraak.
Niekie van den Berg
Hopelik het Niekie van den Berg se verkiesingsveldtog niks in gemeen met die van Cicciolina nie.
Sê wie?

Niekie het net so ‘n kans soos al die ander “grotis” om ‘n sukses te maak van die “politiek” Handhaaf egter net die “sê wie” Sê Wie
Niekie jy het het ‘n groot loopbaan voor jou. Elke mens is ‘n verkoopspersoon insoverre dat hy sy eie persoonlikheid aan ander mense verkoop. Ek staan saam met jou maar het my politieke vleuels lankal gebêre. Julle jongens kan mos ook nou ‘n bietjie voel hoe dit is in die kombuis! Sê Wie?
Groetnis!