Verskeie uit Noord-Kaapse se bates bevries

Geboue, erwe, plase en motors tel onder die 147 bates van 37 respondente wat weens die Trifecta-bedrogklagte deur ’n bevel van die hooggeregshof in Kimberley bevries is.

Volksblad berig dit sluit in bates van onder andere John Block, LUR vir finansies en ANC-voorsitter in die Noord-Kaap, Alvin Botes, LUR vir maatskaplike dienste, Yolanda Botha, Noord-Kaapse parlementslid en tesourier van die ANC, Christo Scholtz, direkteur van Trifecta, die Trifecta-groep en die //Khara Hais-munisipaliteit op Upington.

Die hofbevel is deur die Nasionale Vervolgingsgesag gevra en verlede week in die hooggeregshof toegestaan.

Die respondente het tot 22 Maart kans om aan te voer waarom die hofbevel nie finaal gemaak moet word nie.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar