Peugeot 308 SW, sportief in die leefstylmark

Toe Peugeot se 307 SW in 2002 bekendgestel is, het dit die norm aangewys vir gesinsvervoer wat die estetiese en dinamies-uitdagende MPV-genre oorskry het, en in die 308 SW het die handelsmerk `n nuwe treffer. Alhoewel die resep wesenlik onveranderd gebly het – `n sportstasiewa met `n modulêre ontwerp wat dit in staat stel om sitplek aan tot sewe mense te bied wanneer toegerus met die opsionele derde ry sitplekke – maak die jongste weergawe rasse skrede deur die 308-platform te geruik en moderne tegnieke en materiaal in te span.

Die eindresultaat is `n motor wat die sportiewe ry-ervaring van `n luikrug bied, sonder inspanning sterk werkverrigting lewer, verskillende ladings moeiteloos dra, in elke moontlike opsig botsbestand is, die insittendes vertroetel met `n skitterende lys eienskappe en hulle met sterre in hul oë sal laat wanneer hulle opkyk in die Lug. Dit is `n triomf in ontwerp. `n Enkele 1,67 liter-petrolenjinweergawe van die 308 SW is in die Suid-Afrikaanse mark bekendgestel teen `n prys van R223 500.

Van voor en die kant is die SW se ooreenkoms met die 308-luikrug duidelik en vanaf die B-pilaar vorentoe is hulle baie dieselfde, buite sowel as onder die bakwerk. Peugeot se T7-platform het `n halfgrootontwerp om maksimum binneruimte en sigbaarheid tesame met `n sterk visuele identiteit te verseker. Die katagtige kopligte vloei grasieus na agter en word versterk deur die stileringslyne wat in die A-pilare invloei wat `n intrinsieke deel van die sportwa se ontwerp is, met die bykomende voordeel van die panoramiese glasdak.

Die mate van die glaspaneel is 1,68 m2 of 27% meer as die een wat nuut in die 307 SW aangebring is, en is 877 mm wyd. Op 1 588 mm in lengte is dit ook 300 mm langer as dié van die 307. Die dak is saamgestel uit drie lae donker getinte glas: 0,76 mm dikte is tussen twee stukke van 2,10 mm vir `n totale dikte van bykans 5 mm. Die kombinasie van die verskillende lae beperk die deurlating van lig en energie in die passasierskompartement in, maar sonder om veiligheid of verfyning in te boet.

Peugeot 308 SW
Peugeot 308 SW

Die dak is nie die SW se enigste spoggerige stukkie glas nie. Die agterlig het `n sterk kurwe wat dit toelaat om rondom die agterdriekwart te draai en is toegerus met skarniere sodat dit onafhanklik van die agterklap self oopgemaak kan word – wat dit die grootste sodanige glas in die motorbedryf vandag maak.

Hierdie eienskap is nuttig wanneer die voertuig op so `n wyse geparkeer is dat die hoofagterklap nie oorgemaaak kan word nie, of wanneer bloot verkies word om `n klein pakkie in die bagasiekompartement te laat. Die glas kan met `n toegewyde knoppie op die afstandbeheer oopgemaak word, of deur middel van `n tweede knoppie onder die agterste beslag, aangrensend aan dié wat die hele agterklap oopmaak.

Terwyl die aluminiumenjinkap, gekombineerde voorste modderskerms en atermiese getinte windskerm met die luikrug gedeel word, is die agterdeure uniek aan hierdie voertuig en die bakwerk se struktuur is ook omvattend herontwerp. Die SW se wielbasis is 100 mm groter as dié van die luikrug, terwyl die agterste oorhang met 124 mm vermeerder is. Teen 1 815 mm is die breedte onveranderd, net soos die voorste en agterste spoor wanneer vergelyk met `n 308 remskoen met dieselfde 16 duim-allooiwiele en 205/55-bande. Die hoogte van 1 555 mm sluit die gerookte aluminiumdakstawe in en is 13 mm laer in die geheel as die 307 SW, met die swaartepunt wat ook `n nominale 10 mm sak.

Met die geleentheid om deur die dag natuurlike lig te geniet en snags `n uitsig oor die sterre, sal die meeste eienaars die panoramiese glasdak onbedek laat. Maar vir diegene wat skadu of bykomende privaatheid verlang, is daar `n elektriesbeheerde sonskerm met `n oopmaak-sluitdrukknoppiefunksie wat deur middel van `n skakelaar langs die handrem gewerk word. `n Outo-trufunksie is by die elektronika geïntegreer, wat die veiligheid verseker van die insittendes wat `n bietjie te loshandig is.

Die buitengewone atmosfeerlig wat deur die glasdak geskep word, lei tot `n gevoel van behaaglikheid wat nêrens elders geniet word nie en bied ook aan die bestuurder `n groter sin van beheer weens die rondomsigbaarheid. Die uitsig vorentoe is feitlik dieselfde as dié van die 308, wat beteken dat die bestuurder `n kompakte instrumentpaneel het om dop te hou, wat ontwerp is om inligting so duidelik as moontlik te verleen. Eienskappe soos bubbelsoneklimaatbeheer met afsonderlike agterontlugters, togkontrole, ritrekenaar, vingerpuntkontroles vir die instemmer/laserskyfspeler en outomaties geaktiveerde ligte en veërs verminder die bestuurder se werkslas.

Peugeot 308 SW
Peugeot 308 SW

Net soos ander 308-modelle het dit ook geriefseienskappe soos `n verkoelde paneelkassie, elektriese vensters, skuifrakke onder die voorste sitplekke en `n sonbrilhouer; maar in ooreenstemming met die SW se posisionering, bied dit vele meer.

Die hoogteverstelbare voorste sitplekke inkorporeer vliegtuigstyl-opvouskinkborde vir passasiers in die tweede ry. Hierdie skinkborde bevat ook `n penhouer en `n koppie-/blikkiehouer. Die voorste passasiersitplek kan ook vorentoe vou, wat die SW in staat stel om maklik `n lading van 3,1 meter lank te huisves.

`n Enkele feit som die SW se binneruim op: dit is ontwerp om maksimum ladingbuigsaamheid te verskaf en daarvoor kan die drie sitplekke in die middelste ry – nou ewe groot, anders as in die 307 SW – uitgehaal word. Behalwe vir hierdie eienskap, is hulle omruilbaar en kan skuif, terugleun, plat vou, vorentoe kantel en na die derde ry verskuif word indien nodig. Die sitplekke skuif oor `n afstand van 90 mm, wat toelaat dat beenruimte volgens spesifieke vereistes aangepas kan word.

Die binneruim kan met gemak vyf volwassenes en ladings met buitengewone fatsoene vervoer, selfs al is die opsionele derde ry sitplekke in. Hierdie sesde en sewende sitplekke is `n heeltemal nuwe tipe en meer kompak en liggewig as voorheen om makliker uit te haal. Hierdie sitplekke is ontwerp vir individue van tot 1,7 meter lank.

Afgesien van die veelsydigheid van die sitplekke het die SW ruim voor-/agterruimte in die agterste kompartement en danksy geoptimaliseerde deurpanele het dit bykomende binnewydte vergeleke met die 308 luikrug.

Van ruimte gepraat, met die middelste sitplekke van die nuwe SW heeltemal vorentoe geskuif, is bagasieruimte van 573 dm3 beskikbaar aan die VDA-metode gemeet. Dit verminder tot 508 as hulle heeltemal agteruitgeskuif is. Met al die sitplekke en die bagasiedekstuk uitgehaal, vermeerder daardie syfer tot `n ladingkapasiteit van 1 736 dm3, of indien die vrag `n vloeistof was wat van hoek tot kant tot op dakhoogte gevul het, 2 149 liter.

Die praktiese aard van die kattebak word gewys deur bagasiekeerhakies, `n herlaaibare/verwyderbare flits, `n 12 volt-uitlaat, keernette agter die wielnisse, en `n elastiese band op die regterkantste wielnis wat handig is om bottels en soortgelyke voorwerpe regop te hou.

Die SW word aangedryf deur die 88 kW/160 Nm VTi-enjin van 1,6 liter, wat die staatmaker van die 308-reeks is. Hierdie normaalweg petrolgeaspireerde kragbron spog met 16 kleppe en wisselbare kleptydreëling aan beide die inlaat- en uitlaatnokasse. Daarbenewens verander die lighoogte van die inlaatkleppe afhangende van versnellerposisie en enjinlas.

Die eindresultaat van hierdie gevorderde silinderkoptegnologie is moeitelose bestuurbaarheid: 140 Nm wringkrag – of 88 persent van die maksimum – is beskikbaar teen net 2 000 omwentelings per minuut, wat `n idee gee van die enjin se uitsonderlike buigsaamheid.

Met sulke goeie termodinamiese doeltreffendheid behoort dit ook nie as verrassing te kom dat dit merkwaardig skoon brand nie. Peugeot het `n reputasie opgebou as een van die leiers wanneer dit kom by lae koolstofdioksieduitlaatgasse en in die SW stel hierdie enjin `n blote 169 gram per kilometer vry. Boonop is die gesamentlike kringloopbrandstofverbruiksyfer net 7,1 liter/100 km – bykans 13 persent beter as die enjin van dieselfde inhoudsvermoë wat in die 307 SW gebruik word. Die enjin is toegerus met die “BE”-aangewese vyfspoedratkas, met rat- en eindaandryfverhoudings vir die SW-gebruik aangepas.

Wat vering en remme betref, verskil die 308 SW net ietwat van die luikrug. Die wegtrek is `n superstruktuur met `n hoë mate van wringrigiditeit en daar is geen verlies van weerstand om die transformasie aan die SW-stylbakwerk te wring of te buig nie. Die voorste vering is nog steeds met `n omgekeerde MacPherson-stut met gekoppelde teenkantelstawe toegerus en stuurpligte word hanteer deur die elektrohidrouliese tandstang en kleinrat met reëlbare ondersteuning.

Alhoewel die wringagteras met integrale teenkantelstaaf ook behou is, is die bou omvattend hersien om die motor se verskillende eienskappe ten opsigte van gewig, agteroorhang en potensiële gebruikspatrone deur eienaars in ag te neem. Die SW baat dus by hersiene dempinstellings en veerkrag, en veringsmonterings wat 20 persent strammer is as dié aan die luikrug.

Die ten volle skyfremstelsel is maatgemaak vir hierdie gtebruik. Die voertuig word ook standaard toegerus met volle elektroniese en hidrouliese ondersteuningstelsels om maksimum stilhouverrigting te lewer, ongeag die lading.

Botsbestandheid is reeds lank `n sleuteleienskap van die Peugeot-handelsmerk en die SW-weergawe baat by die ontwerpintegriteit van sy 308-donateurmotor. Die luikrug het in onafhanklike Euro New Car Assessment Programme-botstoetse die maksimum gradering van vyf sterre gekry vir sy beskerming van volwassenes, en vier uit vyf vir kinderbeskerming en drie uit `n moontlike vier in die voetgangerimpaktoets.

Drie elemente dra tot hierdie hoë vlak van botsveiligheid by: `n rigiede passasierstruktuur, voertuigekstremiteite wat toenemend en op `n gekontroleerde wyse vervorm, en intelligente lugsakke – waarvan die SW vier het.

Die SW se ontwerp het `n aantal uitdagings aan Peugeot se veiligheidsingenieurs gestel wanneer dit kom by eienskappe soos ISOFIX-kindersitplekmonteringspunte en ‘maak sitplekgordel vas’-funksionaliteit in die individuele middelste ry sitplekke. Die eersgenoemde was betreklik eenvoudig maar om seker te maak dat die sitplekgordelwaarskuwingstelsel glad werk ongeag watter sitplekkonfigurasie ook al gevolg word, is die gebruik van draadlose tegnologie soortgelyk aan Wifi vereis.

Die SW is gebou om al die rygenot en verfyning van sy luikrugneef te behou, saam met `n vars benadering tot die behoeftes van moderne motoriste. Die tweelettersuffiks het sinoniem geraak met leefstylmotorry deur op `n esteties aantreklike wyse te voldoen aan `n aantal behoeftes. Die bykomende emosionele trefkrag van die glasdak laat dit uitstaan bo die res en dit is dus nie verrassend dat meer as 900 000 geproduseer is nie.

Die 308-weergawe verteenwoordig die hoogtepunt van SW-ontwikkeling en is meer as ooit tevore `n veeldoelige, kompromisvrye oplossing.

Lewer kommentaar

Leave a Reply