Peugeot 308 SW, sportief in die leefstylmark

Toe Peugeot se 307 SW in 2002 bekendgestel is, het dit die norm aangewys vir gesinsvervoer wat die estetiese en dinamies-uitdagende MPV-genre oorskry het, en in die 308 SW het die handelsmerk `n nuwe treffer. Alhoewel die resep wesenlik onveranderd gebly het – `n sportstasiewa met `n modulêre ontwerp wat dit in staat stel om …

Peugeot se 308 SW … alles wat jy soek

Sy DNA is onmiskenbaar, maar die 308 SW neem Peugeot se vertolking van die gesinsvriendelike leefstylvoertuig `n vlak hoër. Deur die styl en veiligheid inherent aan die 308-luikrugreeks te behou en te kombineer met uitsonderlike ruimte en veelsydigheid gepaard met die eenstukglasdak wat ook `n kenmerk was van sy voorganger – die suksesvolle 307 W – bied die jongste weergawe `n samestelling van sportiewe kenmerke soos geen ander voertuig in sy klas nie.