Twee polisie-reserviste van die Strand is in hegtenis geneem weens beweerde diefstal en korrupsie.
Die twee het glo die skulderkenningsregister van die polisiestasie gesteel nadat hulle boetes uitgereik het aan verdagtes en die geld toe vir hulself gehou het.
Daar is ook glo ’n koeëlvastebaadjie, forensiese sakke, toerusting vir alkoholtoetsing en dossiere by hul huise gevind.
