Sakeleiers in Port Elizabeth wil ´n reuse standbeeld van Nelson Mandela oprig, een wat die VSA se Statue of Liberty soos ´n speelgoedpoppie laat lyk.
Woordvoerder vir die projek, Mandla Madwara, sê die beeld sal broodnodige beleggings, in die vorm van toerisme, na die gebied lok. Dit is nog nie duidelik wie die fondse vir die projek sal verskaf nie.
