Ritalin is verslawend

Die gebruik van die medikasie Ritalin kan tot verslawing lei. Hierdie waarskuwing kom van ‘n span navorsers van die Rockefeller Universiteit in New York.

Volgens die wetenskaplikes het navorsing met muise getoon dat Ritalin veranderinge in die senuweestelsel en breinchemie meebring wat soortgelyk is aan bekende prosesse wat met dwelmverslawing geassosieer word.

Ritalin is ‘n populêre middel vir die behandeling van hiperaktiwiteitsversteurings in kinders.

Die muise in die studie het Ritalin vir ‘n periode van twee weke ontvang.

Lewer kommentaar

Leave a Reply