Wie moet betaal vir die eerste afspraak? Die man of die vrou?
Die man natuurlik, sê meeste ongetroude mans. It’s Just Lunch, ‘n maatskappy wat spesialiseer in afsprake vir enkellopendes wêreldwyd, het ‘n opname gedoen onder ‘n paar duisend van hul kliënte. Hiervolgens meen 82% van alle enkellopende mans dat die man moet betaal, dit terwyl 46% van alle enkellopende dames glo die rekening moet gelykop verdeel word.
Wanneer die kelner by die tafel kom vir drankies en die persoon saam met wie jy is sê hulle drink nie sal 62% van die mans ‘n koeldrank of water bestel. Vrouens gee meesal nie om of die man iets drink of nie, 41% van hulle sal ‘n glas wyn bestel al bestel die man net ‘n glas water.
Ander neigings wat It’s Just Lunch se opname toon is:
* 32% van mans sal nie vir jou sê as daar kos in jou tande vassit nie; 55% van die vrouens gaan jou egter daarop wys.
* 80% van enkellopendes bespreek hul gunsteling eetplekke voor die eerste afspraak.
* Gewilde eetplekke vir die eerste afspraak is 46% Italiaans, 19% Steakhouse en 8% Frans
* Wat wyn betref verkies die meeste enkellopende mans merlot. 58% van hulle sal egter nie rooi bestel indien die dame wit verkies nie. Gewoonlik val die keuse dan op chardonnay.
* 75% van enkellopende vrouens sal hul eie bottel wyn verkies indien hul smaak verskil van die van die man.
* Terwyl 82% van die mans sal verkies om die dame by die huis te kry sal 46% van die dames verkies om op eie houtjie tot by die restaurant te kom.
* Wie doen wat as hulle steak nie reg gaargemaak is nie? 39% van die mans gee nie om nie en eet verder terwyl 70% van die vrouens dit op ‘n mooi manier aan die kelner sal verduidelik.
En maak seker die kelner se fooitjie is goed. 61% van alle vrouens gaan jou lae punte gee indien jy net die standaard 10% of minder gee.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Roel,
Ek kan ook net spekuleer hieroor. Deels was dit moontlik die geval dat die jong dames wat agterna sou kon spog dat hulle seks gehad het met 'n wit man en boonop nog 'n buitelander. Dalk omdat dit onwettig was daardie jare. In daardie tyd het swart meisies ook normaalweg in baie arm omstandighede groot geword en seks met 'n wit man is soms gesien as 'n paspoort na iets beter.
Geboortebeperkingsmiddels was daardie tyd nie geredelik beskikbaar nie, so wie weet, dalk loop daar nog 'n klein Roel of 'n klein Sweed in Mosselbaai rond.
Ik ben zo vrij om in het Nederlands te schrijven. Lezen is voor 90% geen probleem maar Afrikaans schrijven durf ik niet. Het gaat om het volgende. In de zestiger jaren kwam ik (als zeevarende) regelmatig in Zuid-Afrika. Eens lagen we op de rede van Mosselbaai (dat had toen nog geen haven, nu wel geloof ik) en op een zaterdag mochten we met een klein bootje de wal op. Er was niet veel te beleven in Mosselbaai en met z'n drieën, twee Zweden en ik, hebben we maar een beetje rond gelopen. We konden immers pas terug als het bootje ging. Op een gegeven moment liepen we ergens buiten Mosselbaai toen we drie zwarte meisjes tegenkwamen die Afrikaans spraken. Ik was de enige die dus met ze kon praten en zonder veel omhaal, en op hun initiatief, boden ze ons seks aan. Hetgeen ook heeft plaatsgevonden. Daarna hebben we nog flink angst voor ontdekking gehad, vanwege de 60 stokslagen en een half jaar tronk die ons eigenlijk ten deel moest vallen en we waren blij weer aan boord van ons schip te zijn. Maar mijn vraag is eigenlijk, waarom wilden die meisjes zo graag seks met ons? Is dat iets waarop ze trots konden zijn of zo? Daar heb ik later vaak over nagedacht maar nooit een antwoord op gevonden. Ik hoop dat jij licht in de zaak kunt brengen. Met vriendelijke groet en bij voorbaat baie dankie.