Petroselinum neapolitanum is Italiaanse pietersielie. Mens kry ook Petroselinum crispum, krulpietersielie. Eersgenoemde is die meeste geskik vir gebruik in kos. Krulpietersielie word gebruik vir garnering.
Pietersielie is gewoonlik ‘n tweejarige plant, maar Italiaanse pietersielie kan tot 4 jaar groei voor dit saad skiet, veral as die hart uitgeknip word. Saai so van tyd tot tyd ‘n bietjie saad, mens het altyd pietersielie nodig. Week die saad oornag in warm water voor jy dit saai. Dit sal beter ontkiem.
Die plante het ryk, klam grond nodig met son of halfskadu.
Pietersielie kan ook geplant word as ‘n dekoratiewe randplant. Veral rose baat daarby indien pietersielie tussen dit geplant word.
(foto Forest & Kim Starr)