William Shakespeare was ´n rassis! Nadine Gordimer is ´n rassis! George Orwell ondermyn die staat!
Al bogenoemde aansprake kom by monde van lede van die Gautengse Onderwysdepartement in Suid-Afrika. Hulle het bepaal Shakespeare se Othello is weens die “rassisme” daarin nie geskik as voorgeskrewe werk in plaaslike skole nie, so ook nie Julius Ceaser nie, weens “sekssisme” daarin.
Nadine Gordimer se July’s People het ook ´n rassisme-stempel gekry en Olive Schreiner se The Story of an African Farm “beklemtoon godsdienstige en kulturele onverdraagsaamheid”.
Dit is ironies dat hierdie persone woorde soos “onverdraagsaamheid” gebruik. Hulle onderrok wys egter wanneer hulle van Orwell se 1984 sê dat “daar is ´n element van ondermynende rebellie teen die staat” in is.
