Die Colorado rivierpadda (Incilius alvarius) skei ’n stof af wat ’n mens baie gelukkig maak. In ’n studie aan die Universiteit van Maastricht in Nederland is bevind dat die die inaseming van dié padda se gedroogde en poeieragtige sekresies lei tot verhoogde lewensvreugde, beter bewustheid en ’n afname in psigopatologiese simptome vir omtrent ’n maand lank.
