Sonaangedrewe verkeersligte raak al hoe meer die norm in Suid-Afrikaanse stede.
Die Sentrale energiefonds het die projek begin tydens die land se energiekrisis in Januarie 2008. Die doel is om verkeersknope te verhoed tydens kragonderbrekings en om die verkeerstelsel te ontkoppel van die elektrisiteitsnetwerk.
Die eerste toetse is in Oktober 2008 voltooi en teen die einde van 2009 behoort daar reeds 400 verkeersligte te wees wat van sonkrag gebruik maak, meeste hiervan sal in Gauteng wees.
