Foto’s van katte.
Susan van Rensburg se Mattewis
Tanya Lourens van Vredekloof se kat Ben en die budgie, maar wag ‘n bietjie, wat is verkeerd hier …
Tanya Lourens van Vredekloof se Siamees Mr Cat, 16 jaar oud, saam met twee staffies wat hy groot gemaak het, Xena en Paxi.
Trudy Muller se baster Siamees. Hy is nou 14 jaar oud.
Hierdie pragtige Tabby kom vanaf Jeddah, Saudi-Arabië. Antoinette het daar gewerk en haar opgetel as 6-weke oue katjie en saamgebring Suid-Afrika toe.
Op pad terug na SA, het sy en ‘n vriendin eers ‘n draai op die Comores-eilande gemaak en Habibi is saam – sonder enige probleme.
Bedags het sy in die hut gelê en slaap en laatmiddag saam op die strand gaan stap.
Sy is nou omtrent 9 jaar oud en is baie intelligent. Sy het ‘n unieke persoonlikheid vir ‘n kat – bring goedjies terug as mens dit vir haar gooi, drink net water uit ‘n lopende kraan of ‘n glas op die kas – nie ‘n gewone waterbak vir haar nie!
Die naam “Habibi” is die Arabiese woord vir “my darling” of “my liefie.”
Die foto is geneem net voor etenstyd en sy het my baie duidelik gewys waar haar kos gebêre word en dat dit nou hoog tyd is dat Ma opskep!

Die oulike katjie is Extra gedoop omdat sy 26 tone in totaal het, sewe op elk van haar voorpote en ses agter. Extra hardloop glo ekstra vinnig. (foto deur Jason Dorday vir East and Bays Courier).
Alet van der Sandt van Petoria se twee katte. Die wit en grys kat is Sheena en die nader een is Sasha. Hulle is soos kinders in die huis, en Sasha is die een wat vreeslik liefdevol is.
Ans Ward se Sarah by haar huis in Los Angeles, VSA.
Marlisa se Marko.
Tigger, die tier van Blouberg. Bloubergrant, Kaapstad.

Lewer kommentaar