Krap jou kat langs sy kosbak wanneer hy klaar is? Dit is instink. Wilde katte begrawe hulle oorskiet om dit weg te steek vir ander diere. Dit is ‘n goeie teken as jou kat dit doen want dit beteken hy aanvaar die huis as sy veilige area.

Help asb,
Ek het n bontkat sy is nou so 3maande, en raak baie
aggresief,sy hou nie daarvan dat jy haar moet vashou nie,
en as ek haar 'n bietjie wil streel byt sy my.My vriendin
het haar gister opgetel en sy het haar in die gesig gekap.
Ons het nie kinders in die huis nie, en is pensioenarisse
ek is so teleurgestel in haar houding wil haar so graag 'n bietjie
vertroetel maar sy wil nie…help anders moet ek van haar ontslae raak.
Nie alle katte hou daarvan dat jy hulle vertroetel nie. Daar kan fisiese oorsake ook wees, maar net 'n vearts kan dit bepaal.