Hierdie is ’n interessante stukkie tegnologie. Telraam is ’n klein boksie wat jy aan jou venster kan plak om die verkeersvloei in jou straat te monitor.

Dit is so ‘n slim idee – die laeresolusie-kamera beteken dat dit databeskermingskwessies omseil (dit kan bepaal of ’n motor verbygaan, of ’n persoon, maar dit kan nie nommerplate lees of gesigte sien nie).

Jy kan ook ’n kaart van Telraam-toestelle op die werf kry – daar is nog niks in Suid-Afrika nie – maar mens bewonder die manier waarop hulle ’n intydse verkeerskaart van die wêreld uit oop data kan aanbied

https://telraam.net/en/what-is-telraam

Lewer kommentaar

Leave a Reply