‘n Walvis het Maandag naby Noordhoek, Port Elizabeth op ‘n boot gespring. Drie mans is in die voorval beseer.
Albertus Myburgh (41), Wouter van Heerden (25) en Rodney van der Mecht (35) het aan die omgekeerde boot vasgeklou. Hulle kon hulp ontbied omdat een van die mans se selfone nog gewerk het. Myburgh se been en arm is beseer en van sy ribbes is gebreek.
Bultrug-walvisse is onlangs naby Noordhoek opgemerk.