‘n Taxieienaar is briesend nadat hy by ‘n vulstasie in Tzaneen was. Volgens die man het hy vir petrol gevra, maar ‘n mengsel van petrol en water gekry vir sy R300.
Die garage het die petroltenk dreineer en gevind dat daar wel water by was, maar het geweier om verantwoordelikheid te aanvaar daarvoor.
