1870

Jan Christiaan Smuts is op Riebeeck-Kasteel gebore. Jan Smuts was die argitek van die Unie van Suid-Afrika, mede-stigter van die Britse gemenebes, Geallieerde veldmaarskalk in die Tweede Wêreldoorlog en daarna die mede-stigter van die Volkebond en Verenigde Volke-organisasie.

1921

Die eerste Comrades-marathon word deur Vic Clapham begin as ’n reünie met sy makkers uit die Eerste Wêreldoorlog.

1951

Die eerste deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) verskyn. ’n Projek wat deur professor JJ Smith van die Universiteit van Stellenbosch afgeskop is.

Lewer kommentaar

Leave a Reply