Pretorius gee die leser ’n unieke, eerstehandse vertelling van die “alles loop reg”-jare by Toyota, van die donker jare as hoof van die McCarthy-groep waar die groep byna skipbreuk gelei het, tot dié groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy.
Die wysheid vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat sake doen in Suid-Afrika of wat ’n suksesvolle ondernming wil bedryf. Pretorius wys ook hoe elkeen van ons persoonlike leierskap aan die dag kan lê en Suid-Afrika só kan help verbeter.
’n Besielende en boeiende boek.
♦♦♦

Aan die stuur: My leierskapsreis / deur Brand Pretorius — Tafelberg, 20 Februarie 2013. – 272 p.; sagteband. — ISBN 9780624056652 :
Koop / Buy Aan die stuur: My leierskapsreis >> (sagteband)
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Aan die stuur: My leierskapsreis, Brand Pretorius
