As die wind kom draai


‘n Mens is die storie wat jy van jouself vertel.

Liefde is ‘n wegholvuur, en die wind is so wispelturig soos mense. As die wind kom draai is Hans du Plessis se jongste historiese roman.

Kan Vryheid, afstammeling van ’n slaaf, vir mooi Magriet Skuilhoek toe bring as dié bergland haar só beklem? Buitendien, sê haar ma: Vryheid is nie een van ons nie, dis tog wat Artikel Ses van die Burgerraad se Drie en Dertig Artikels eintlik sê. Hoe durf ‘n basterkind soos Vryheid daarteen baklei, een wat nie eers weet wie sy pa was nie? En hoe lê jy liefhê uit?

“Artikel Vier en dertig,” skree Margriet oor die osse se koppe, sodat haar pa verskrik omkyk: “Die wet van Mooidorp: jy mag nie liefhê nie!”

♦♦♦

As die wind kom draai / deur Hans du PlessisTafelberg, 20 April 2013 – 244p.;. — sagteband. — ISBN 9780624057468 :

R195.00

As die wind kom draai
As die wind kom draai
Koop / Buy As die wind kom draai >> (sagteband)

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: As die wind kom draai, Hans du Plessis

Lewer kommentaar

Leave a Reply