Ballade vir ’n enkeling

Ballade vir ’n enkeling
Roekeloos
6 Julie


In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekords gebreek.

En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014.

Dit begin wanneer een van die land se gewildste skrywers, Jacques Rynhard, op die kruin van sy loopbaan verdwyn. Dan kry ‘n voormalige misdaadverslaggewer, Carina Human, opdrag om nie alleen uit te vind waar hy is nie, maar ook hoekom hy verdwyn het. Sy krap ‘n perdebynes oop van verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings. Maar wanneer sy by die eintlik rede uitkom vir Jacques se verdwyning, besef sy dat sy met een van die grootste stories van haar loopbaan te doen het. En dat nie almal met wie sy tot dusver oor Jacques gepraat het lewend uit hierdie ondersoek sal kom nie. Maar nog erger: Carina besef dat daar sterk ooreenkomste tussen haar en Jacques Rynhard is wat haar lewe in gevaar kan stel …

Die gelyknamige film word uitgereik in 2014.

Ballade vir ’n enkeling word op 20 Augustus 2014 vrygestel.

Ballade vir ’n enkeling [teks] / deur Leon van NieropTafelberg, 20 Augustus 2014 — 448 p. ; sagteband. — ISBN 9780624070306

Ballade vir ’n enkeling
Ballade vir ’n enkeling
2.5

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply