Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale

Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale
Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale
Internasionaal gevierde misdaadskrywer Deon Meyer se bundel tydskrifverhale Bottervisse in die jêm het in 1997 verskyn.

Nou is dié lekkerleesverhale in ’n splinternuwe, hersiene gedaante te kry, mét vyf verhale wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder andere Die ballade van Robbie de Wee. Elke verhaal ontlok ’n gevoel van deernis met die karakters, of ’n uitbundige skaterlag. En die romantiek bly nie agterweë nie. Van eerste tot laaste krul die leser se tone van pure leesplesier.

Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale word op 20 Augustus 2015 vrygestel.

Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale / Deon Meyer — Human & Rousseau, 20 Augustus 2015; 280 p. ; sagteband. — ISBN 9780624067894

Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale,
Bettie Blom,
9 Augustus 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply