Die beste verhale van Eugène N. Marais

Die enigmatiese digter, verteller en wetenskaplike Eugène N. Marais bly een van die boeiendste en raaiselagtige figure in die Afrikaanse letterkunde. Vir elke leser wat sy pragtige gedig “Winternag” of die weergalose Dwaalstories ken, is hy die skrywer van werke wat jou lank bybly.

In hierdie bundel verskyn die skrywer se beste en mees onderhoudende kortverhale, soos uitgesoek deur Merwe Scholtz. Soos Marais se lewe self, wentel die meeste van hierdie verhale om raaisels. Baie van hulle is trouens speurverhale.

Hierdie boek is die perfekte geskenk vir lesers van alle ouderdomme.

♦♦♦

Die beste verhale van Eugène N. Marais
Die beste verhale van Eugène N. Marais

Die beste verhale van Eugène N. Marais / deur Eugène Marais — Human & Rousseau, 15 Oktober 2012. — 256 p. ; sagteband. — ISBN 9780798159173 :

R295.00

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Die beste verhale van Eugène N. Marais, Eugène Marais

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply