Die oorlog kom huis toe: Vroue en gesinne in die Anglo-Boereoorlog

Die oorlog kom huis toe: Vroue en gesinne in die Anglo-Boereoorlog
Roekeloos
16 Maart


Die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog het baie lyding veroorsaak en duisende mense het daar gesterf. Maar moet die vroue en die kinders in die kampe slegs as slagoffers beskou word, of is daar ook ander stories wat oor hulle vertel kan word?

Die oorlog kom huis toe bied vars perspektiewe op ’n bekende verhaal. Dit ondersoek die sonderlinge krag van die Boerevroue en hul bydrae om Boerekrygers in die oorlog te ondersteun. Daar is ook ’n hoofstuk oor Nonnie de la Rey (vrou van genl. Koos de la Rey) wat vir langer as twee jaar saam met haar ses kinders in die veld rondgeswerf het.

’n Hoofstuk oor die alledaagse lewe in die kampe toon aan hoe sommige kampe doeltreffender as ander bestuur is en hoe een van die grootste uitdagings vir sommige vroue was om hulle nie dood te verveel nie. Om besig te bly, het talle jong Boeremeisies byvoorbeeld waardevolle opleiding as verpleegassistente gekry.

Nog ’n hoofstuk oor die botsende kulturele beskouings van Britse dokters en Boerevroue verduidelik waarom kampdokters begin het om Boerevroue se persoonlike higiëne en moederskapvaardighede te bevraagteken toe hulle niks kon doen om die honderde sterwende kinders te red nie. Die boek bespreek ook die lyding in die swart kampe en fokus veral op swart kinders se ervarings. Soos in die wit kampe, was die meerderheid van die 20 000 sterftes in die swart kampe kinders.

In die jaar van die Vrouemonument in Bloemfontein se eeufeesviering, kyk Die oorlog kom huis toe laastens na hoe die betekenis van die monument oor die afgelope dekades verander het.

Die oorlog kom huis toe: Vroue en gesinne in die Anglo-Boereoorlog
Die oorlog kom huis toe: Vroue en gesinne in die Anglo-Boereoorlog
Ook beskikbaar in Engels: The War at Home: Women and Families in the Anglo-Boer War.

Koop / Buy Die oorlog kom huis toe: Vroue en gesinne in die Anglo-Boereoorlog >> (sagteband)

Koop / Buy Die oorlog kom huis toe: Vroue en gesinne in die Anglo-Boereoorlog >> (eBoek – ePub)

Die oorlog kom huis toe: Vroue en gesinne in die Anglo-Boereoorlog / deur Albert Grundlingh & Bill Nasson — Tafelberg, 21 Oktober 2013. — 272 p. ; sagteband. — ISBN 9780624058977 : R 350.00

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar