#Woordfees iVrede

iVrede
Roekeloos
16 Maart

Musikale samesyn en samesing laat hoor hoe ‘n land se mense één kan word en saam kan leef in harmonie.

In ‘n jaar met ‘n nasionale verkiesing én met die viering van 20 jaar demokrasie in SA, was vrede en stabiliteit lanklaas so nodig – vandaar dié boodskap van liefde, vrede, vreugde en nasietrots.

Met: Brandon October, Caroline Modiba (ATKV-Muziqanto-wenner 2013), Corlea Botha en Louis Loock, die
Paarl Girls’ High-koor o.l.v. Rykie Boeke en die Paul Roos Gimnasium-koor o.l.v. Stephan Bezuidenhout, asook ’n 9-stuks orkes o.l.v. Ockie Vermeulen (musiekregisseur)

16 Maart 20:30 | Spier Amfiteater, Stellenbosch | 70 minute | R150/R120/R90

Woordfees 2014

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply