Maar die verlede is nie onherroeplik nie. Die literatuur kan dit tot lewe wek en nuwe betekenis daaraan gee.
Johan en Ria Smuts, twee afgetrede akademici wat as letterkundedosente en kritici bekendheid verwerf het en dikwels saamgewerk het aan vakkundige publikasies, laat vir die eerste keer ‘n eie bundel verhale die lig sien. Sommiges skryf hulle saam, ander apart, maar al die onderdele vorm ‘n merkwaardig geïntegreerde geheel wat groter is as die som van sy onderdele.
‘n Bundel wat vir sowel die gewone leser as die meer literêr ingestelde persoon ‘n boeiende leeservaring bied.
Die water wat verby is / deur Johan Smuts & Ria Smuts — Tafelberg, 15 Maart 2012. — 304 p. ; sagteband. — ISBN 9780624054696 :
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Die water wat verby is, Johan Smuts, Ria Smuts
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

