Etosha – ‘n Roman

Etosha – ‘n Roman
Roekeloos

Karel Fechter, parkhoof van Etosha, weet goed sy dae is getel.

Hy staan in die pad van die nuwe regering se planne vir ontwikkeling en vooruitgang.

Met sy Anti-Poaching Unit (APU) probeer hy sy geliefde diere beskerm, onbewus oor hóé die groep oud-soldate sy opdragte uitvoer.

In die afgeleë ooptes van die park maak hulle ’n wildstroper wreed dood. Die wildstroper is die hoofman van ’n Himba-stam en Justus Tjambiro se pa. Die renosterhoring wat hy laat val terwyl hy vlug, moes betaal vir sy seun se universiteitsopleiding.

Etosha – ‘n Roman is geskryf deur Piet van Rooyen.

Die boek word op 5 Mei 2010 vrygestel.

Etosha - 'n Roman deur Piet van Rooyen
Etosha - 'n Roman deur Piet van Rooyen

Probeer hierdie boekwinkel vir die jongste boeke …

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply