Hartland

Deon Opperman het verlede jaar Afrikaners aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland.

In dié reeks kyk hy na die uitwerking van ‘n veranderende samelewing op een familie – die politiek van transformasie en verset. Sentraal in die reeks is die patriarg Jan Cilliers (Marius Weyers het die rol vertolk), hoof van African Queen, ‘n maatskappy wat skoonheidsmiddels maak. Ná sy dood ontstaan groot wedywering in die familie om die hart van die maatskappy, maar in die proses word baie drome verpletter.

Opperman benut verskeie aktuele verhaalelemente om die reeks woema te gee: BEE, die moord, execution-style, van bejaarde wit egpare deur swart inbrekers, getraumatiseerde soldate van die apartheid-regime wat by hul predikante aanklop om leiding – en die herstel van hul geloof.

As teenwig vir dié emosioneel hooggespanne onderdele van die reeks, is daar ook ‘n tienerliefde wat blom en ‘n ou huwelik wat skielik geen sin meer het nie, maar Opperman se meesterlike slot berus op twee heel ander sake: die rol van Afrikaner-weerstandsbewegings, en planne wat Jan Cilliers lank voor sy dood gemaak het om die voortbestaan van sy maatskappy te verseker.

♦♦♦

Hartland
Hartland

Hartland / deur Deon OppermanTafelberg, 15 November 2012. — 440 p. ; sagteband. — ISBN 9780624056911 :

R220.00

Koop / Buy Hartland >> (sagteband)

Koop / Buy Hartland >> (ePub formaat / DRM)

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Hartland, Deon Opperman

gobii 7" Colour LCD eReader Black + R160 eBook Voucher
gobii 7″ Colour LCD eReader Black + R160 eBook Voucher
Koop / Buy gobii 7″ Colour LCD eReader Black + R160 eBook Voucher >>

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply