Inskrywings vir die gesogte Nagtegaal-teksprys vir 2026 is nou oop met ’n kollig op groot pryse.
Die algehele wenner ontvang naas prysgeld van R100 000, ook mentorskap en ondersteuning met die afronding van die teks, asook ’n moontlike speelvak by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2026 of 2027.
Die twee naaswenners kry onderskeidelik R50 000 en R25 000.
Sluitingsdatum: 5 Desember 2025 om middernag.
Vind die inskrywingsvorm en meer besonderhede by die skakel hier onder.

