’n Diverse feesprogram wag op klassieke musiekliefhebbers by vanjaar se Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn.

Dié fees van klassieke musiek, kuns, boeke, kos en wyn word van Vrydag 8 tot Sondag 10 Augustus vir die 16de keer in die Klein Karoo aangebied.

Maestro Richard Cock en die Kaapstadse Feesorkes keer terug na die Klein Karoo vir die Klein Karoo Klassique Galakonsert (9 Aug. 19h30) en deel die verhoog met die Charl du Plessis Trio en opkomende operaster Nonhlanhla Yende. Die Voces Cordis-koor, onder leiding van bekroonde koorleier André van der Merwe, is vir die eerste op die verhoog in die Klein Karoo (10 Aug. 12h30).

Zorada Temmingh is vir die eerste keer sedert 2009 by Klein Karoo Klassique (9 Aug. 16h30) en ’n onvergeetlike klavier-ekstravaganza wag in Klavierkoors met pianiste Nina Schumann, Megan-Geoffrey Prins, José Dias en Charl du Plessis (8 Aug. 19:30).

Ook op die verhoog is drie trios met Trio du Cap Classique (8 Aug. 10:00); Trio AéroClave (9 Aug. 13:30) en Journey of the Soul (10 Aug. 09:30); ’n kwartet in Alive String Quartet in Concert (8 Aug. 14:00) en ’n kwintet in Glass House (9 Aug. 09:30).

Charl du Plessis is ons gasheer en tree na uitgesoekte uitvoerings in gesprek met kunstenaars. Die program sluit ook drie boekgesprekke en vele meer in.

Hierdie winterfees word aangebied deur die KKNK, moontlik gemaak deur die Rupert-Musiekstigting en ATKV, met die ondersteuning van Le Lude en die Oudtshoorn Munisipaliteit.

Klein Karoo Klassique
Klein Karoo Klassique

Lewer kommentaar

Leave a Reply