Offerlam

Die Kongo, 1961: ’n Man word koelbloedig vermoor en sy geliefde word vir dood agtergelaat.

Drie en vyftig jaar later kry Caz Colijn ’n oproep wat haar kluisenaarsbestaan uit mekaar ruk.

In België waar sy haar en haar dogter se herkoms probeer naspoor, word dit duidelik dat dié land se koloniale verlede net so ’n groot impak op haar lewe gehad het soos die apartheidsjare in Suid-Afrika.

Die oproep wat professor Luc DeReu ontvang, is minder traumaties. Ook hy word egter uit sy wentelbaan geruk toe die vrou wat hy kwalik neem oor sy pa se voortydige dood, weer sy jandooilewe betree.

Intussen moet Erevu en sy kleinseun die nkísi wat hulle meer as vyf dekades gelede ontneem is, opspoor om hulle heilige taak uit te voer.

Wanneer hierdie groepie mense se paaie kruis, stuur dit nogmaals op moord af.

Offerlam
Offerlam
Offerlam / deur Chanette PaulLapa; 512 p. ; sagteband. — ISBN 9780799377118

Offerlam,
Bettie Blom,
19 Desember 2015.

2

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Terug pieng: Offerande « Roekeloos
Lewer kommentaar

Lewer kommentaar