CJ Langenhoven se geheime liefde

Op 15 Julie 1932 sterf CJ Langenhoven skielik. Dat hy ’n jong Joodse vrou, die vurige rooikop Sarah Eva Goldblatt, as eksekuteur van sy literêre nalatenskap benoem, kom as ’n verrassing.


Dominique Malherbe was van kleins af gefassineer deur die familiefluisteringe oor dié groottante van haar en haar verhouding met Langenhoven. Uiteindelik besluit sy om antwoorde te soek  oor Saartjie se lewe, haar werk en die raaisel rondom haar babaseun.’n Ongewone en boeiende literêre liefdesverhaal.

Op soek na Saartjie

Op soek na Saartjie / deur Dominique Malherbe — Tafelberg, April 2021; sagteband. — ISBN 9780624091233

Lewer kommentaar

Leave a Reply