Hierdie splinternuwe tweetalige woordeboek vervang die bestaande Pharos Skoolwoordeboek en Pharos Tweetalige Skoolwoordeboek.
Die nuwe Pharos Tweetalige Skoolwoordeboek bevat meer as 10 000 trefwoorde uit Afrikaans en Engels. Hierdie versameling trefwoorde bevat die kernwoordeskat van albei tale.
Die volgende inligting word vir elke trefwoord verskaf: woordafbreking, primêre klem, fleksievorme soos meervoude, verledetydsvorme en trappe van vergelyking, ’n gepaste vertaling, en volsinne, wat die gebruik van die woord illustreer. Die trefwoord word in blou aangegee wat die woordeboek meer gebruikersvriendelik maak. Afleidings van die trefwoord word na die inskrywing gegee, sodat die gebruiker woordfamilies kan identifiseer.
’n Tipiese inskrywing lyk soos volg:
mag•ic [no plural] noun towerkuns, toorkuns
♦ The witch in the story uses magicto do bad things. Die heks in die storie gebruik toorkuns om slegte dinge te doen. } magic(al) adj., magically adv.
Addisionele inligting word in kassies aangebring om leerders met problematiese spellings- en grammatikale kwessies te help. Boonop bevat die woordeboek ook ’n supplement met addisionele taalinligting oor Afrikaans en Engels.
Die woordeboek is perfek vir gebruik in die klaskamer en word veral vir die intermediêre en senior fases aanbeveel.
