Sien Suid-Afrika


Bekende skrywer Dawid van Lill verskaf met Sien Suid-Afrika ’n opwindendenuwe blik op ons land.

Waar ander feitegidse tot op hede bloot lys op lys van droeë statistieke was, bied hy met hierdie boek inligting met die eerste opslag aan – alles met visuele flair en vernuf bedink om moeilike feite verteerbaar te maak.

Van Lill sorg dat net die interessantste en belangrikste inligting dié gids haal: van die betekenis van die landskild tot die ligging en sterkte van al Suid-Afrika se ligtorings.

Elkeen van die boek se 90 volkleur dubbelbladsye is propvol inligting en staaltjies oor Suid-Afrika, sy inwoners, sy kulture, sy diere en natuur en sy plek in die wêreld.

Die boek, vol insigte vir jonk en oud, sal ’n aanwins wees in elke huis.

Sien Suid-Afrika
Sien Suid-Afrika

♦♦♦

Sien Suid-Afrika / deur Dawid van LillTafelberg, 29 Maart 2013 – 208p.;. — sagteband. — ISBN 9780624054436 :

R350.00

Koop / Buy Sien Suid-Afrika >> (sagteband)

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Sien Suid-Afrika, Dawid van Lill

Lewer kommentaar

Leave a Reply