Siyolo se trui

 

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Siyolo trek sy geel en rooi trui aan, maar toe iets sy hand kielie, besef hy dat sy gunstelingtrui besig is om uit te rafel by die mou.

Buite in die straat kry hy ‘n dogtertjie wat kla dat die wind haar lang los hare oor haar gesig waai en sy nie kan sien waar sy loop nie. Die vindingryke en bedagsame Siyolo het ‘n plan: hy gee haar van die wol uit sy trui se mou om haar hare mee vas te bind! En so help hy verskeie mense met wol van sy trui: elkeen op ‘n unieke manier.

Maar Siyolo se bedagsaamheid kom hom duur te staan: uiteindelik is sy trui heeltemal uitgerafel en begin die koue wind en reën erg pla.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar