So lig soos klip

Reël Nommer Een: Hou altyd jou laaste patroon vir jouself.

In ’n donker agterplaas rol die polisieman tot teen ’n vibracrete-muur. Twee figure spring oor die oorkantste heining; die silhoeët van ’n AK47 ’n oomblik lank duidelik herkenbaar. Naby hom hoor hy iemand histeries oor die radio hulp ontbied. Pangas. Klippe. Brandende buitebande. Hy tas na daardie laaste blink patroon in sy hempsak – sy enigste hoop.

Hy is een van duisende polisiebeamptes wat in Casspirs die brandende townships binnegery is. Hy het vol afwagting deur die koeëlvaste glas die township-duister ingestaar. Hy het ’n man geword in die polisie. Dit is waar hy die vyand én vroue leer ken het. Net so verbete soos wat hy strate gepatrolleer het, het hy na die ideale vrou gesoek.

En toe die openbare geweld in die townships ontplof, bars in hom ’n intieme geweld los, ’n sagte vernieling so oud soos die mensdom self.

So lig soos klip is ’n uiters verontrustende roman. Nog selde is die vermenging van godsdiens, seks en geweld in die vorming van die manlike psige so indringend in ‘n debuut verken.

Jacques Pretorius is oorlede op die ouderdom van 38, kort voor die verskyning van So lig soos klip, sy debuutroman.

Lees ‘n uittreksel >>

So lig soos klip / deur Tafelberg, 15 Maart 2012. — 224 p. ; sagteband. — ISBN 9780624053620 :

R180

So lig soos klip
So lig soos klip
Koop / Buy So lig soos klip >> (sagteband) Koop / Buy So lig soos klip >> (PDF – DRM 🙁 )

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: So lig soos klip, Jacques Pretorius

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply