Staal Burger

 

As Staal Burger soggens sy lenige 74 duim in ’n staalgrys pak klere giet en hy knoop sy egte sydas, dan moet julle biele weet …

Daar is omtrent nie ’n filmster of ’n kragreus wat ek nog nie ontmoet het nie, maar langs Staal Burger lyk enigeen van hierdie mannetjies soos ’n brandsiek, maer keffiekat en ek wed jou vir ’n Springbok teen al die beroepsrugbyspelers in Transvaal se span dat nie een van julle ooit eens van Staal Burger gehoor het nie.

Die nimlike Staal Burger is ’n huishoudelike naam sedert hy as dié held in ’n radioreeks tydens die laat 1970’s figureer het. Nie Suid-Afrika se 007 nie, nee: Hy het voor 007 op die toneel verskyn. Nie so tydloos soos 007 nie, nee: tydloser. Staal is ’n baasspeurder (baie privaat!) en (vanselfsprekend) ’n minnaar van formaat. Hy ry ’n swart Panther wat deur die nag snel terwyl Staal deur sy tande fluit en sy vingers liggies op die stuurwiel rus. Hoe anders?

Staal Burger laat Fanus Rautenbach toe om sy verhaal te vertel.

Staal Burger

7 Desember 2009


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar