Sony bring spesiale 3D-kamera’s na Suid-Afrika om 2010 se sokkerwêreldbekerwedstryde mee op te neem.
Die 25 wedstryde wat Sony gaan verfilm gaan uitgesaai word by spesiale sokkerparke in Londen, Berlyn, Mexiko-stad, Parys, Rio De Janeiro, Rome, en Sydney.
Na afloop van die 2010 FIFA-wêreldbeker sal ‘n spesiale 3D Blu-ray skyf te koop wees met hoogtepunte van die 25 wedstryde.